2026-09-15
Die Vroue Agter Seisoen 3: Terwyl die Manne Veg, Hou Húlle die Fort
Agter elke boer wat sy sweet en bloed in die arena laat, staan ’n vrou wat maande lank reeds die regte gevegte veg.

Wanneer die kryt se deure op 19 September toeklap, val die kollig op 20 boere wat mekaar takel. Maar agter elke boer wat sy sweet en bloed in daardie arena laat, staan 'n vrou wat maande lank reeds die regte gevegte veg. Hulle hou die plaas aan die gang, kyk na die kinders, en staan vierkantig agter hul mans – en hulle doen dit alles met pure passie en liefde.
Die onlangse Boerevroue-dag (soos gesien in Episode 8) het vir ons gewys net hoeveel hierdie vroue opoffer. Tussen die gesels, speletjies en partytjie hou, het ons gesien dat hierdie vroue die ware ankers is. Hulle is die een wat na die gevegte die ys op die swart oë sit, die pleisters opplak, en hul mans met 'n soen troos. En hoewel geen vrou daarvan hou om te sien hoe haar man in die kryt gebliksem word nie, ondersteun hulle hul manne se drome onvoorwaardelik.
Sommige vat dit selfs met 'n knippie sout! Soos JW Dercksen se vrou, Ruchelle, wat laggend erken het sy is nogal bly dat iemand anders uiteindelik vir JW so 'n bietjie kan slaan. En vir menige boer, is die boodskap duidelik: “Ek is agter jou, ek ondersteun jou.”
Terwyl afrigters soos Niel Geyser (Rooi Span) en Dwain Meredith (Blou Span) die manne se lywe en koppe slyp vir die geveg, is dit hierdie vroue wat seker maak daar is nog 'n lewe om na terug te keer. Hulle verduur die streng nuwe diëte wat die tradisionele boerekos vervang, pas die tempo van die huis aan, en motiveer hul mans wanneer die vroeë oggend oefensessies swaar raak.
So, as jy op 19 September in die Heartfelt Arena sit en juig, kyk na die vroue in die gehoor. Hulle is die stil kragte. Sonder hulle passie en deurnis vir die manne aan hul sy, sou daar geen Moer ’n Boer wees nie.
Wil jy hierdie formidabele spanne (mans én vroue) in aksie sien? Bespreek jou kaartjies NOU op iTickets en wees deel van die gees!