Versus Promotions · kykNET
Nie ’n dag op die plaas nie.
Moer ’n Boer is die botsing van Suid-Afrikaanse boerdery, MMA, werklikheids-TV en live events. Die gees is familie, grit, humor en ’n hok wat nie vra waar jy vandaan kom nie — net of jy opdaag.

Die storie
Gewone boere gaan onder MMA-afrigters in. kykNET volg die reis. Die seisoen sluit met ’n live fight night — nie ’n studio-stunt nie, ’n arena vol mense.
Die gees
Trots sonder brosjure. Humor sonder kinderagtigheid. Die platteland is nie dekor nie. Dit is die plek wat die manne gemaak het.
Die nag
Heartfelt Arena, Pretoria. Twintig boere. Tien gevegte. Kaartjies via iTickets. Merch bestel jy hier op die webwerf.